Tour de France

Fietsryers tydens die Tour de France in 2005
Die geel trui
Chris Froome, viermalige wenner van die Tour de France

Die Tour de France (Frans: [tuʁ də fʁɑ̃s], letterlik: "Toer deur Frankryk") of kort Le Tour ([ləˈtuːʀ], "die toer"), ook Grande Boucle ([gʀɑ̃dˈbukl], "Groot Lus") genoem, is die bekendste en belangrikste fietswedren ter wêreld. Die wedren strek oor drie weke – dus eintlik 'n toer – en vind altyd gedurende Julie plaas. Die eerste wedren het in 1903 plaasgevind en gedurende 2018 het die wedren vir die 105de keer plaasgevind; dit is net tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, asook die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer. Alhoewel die roete jaarliks gewysig word, lei dit deur die hele Frankryk en aangrensende lande. Saam met die Toer van Italië (Giro d'Italia) en die Toer van Spanje (Vuelta a España) vorm dit deel van die Groot Drie Toere. Die wenner is die ryer met die minste totale tyd na afloop van die toer; elke skof se tyd word bymekaar getel. Die wenner kry die Geeltrui. Die wenspan is die span met die minste totale tyd na afloop van die toer; die beste drie ryers se tye van elke span word vir elke skof bymekaar getel.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search